Pieter Greeff se Afval Potjie

Deur Pieter Greef SleepSaam Groep lid
Afval en Skaaptong Potjie:

Na aanleiding van die klomp navrae oor die afvalpot se resep, ek skiet uit die heup uit met die speserye, maar dit werk min of meer so: Braai die uie en sit dan pens, pootjies en tongetjies in. Ek koop baie skoon afvalle by Boer & Butcher in Durbanville, maar laat lê dit tog in Witasyn vir so 2 ure voor die tyd.

Ek vat ‘n bottel OBS( enige soet sherrie sal seker werk) en meng dan kerrie, borrie, sout, peper en braaivleis speserye en ‘n pakkie bruin uiesop by. Gooi paar lourier blare en ‘n klein pakkie gedroogte perskes en klein bietjie bruin asyn by en kook dan tot sag (3 – 4 ure) Oppas vir te veel perskes, kan pot baie suur maak.

Ek gooi gewoonlik naby die einde so bietjie tamatie sous by, maar ek sal tamatiesous saam my pap eet. Hoop nie ek kom in die moeilikheid met die post nie, weet dis “Sleepsaam” en nie “Vreetsaam” nie!