Tuis

Die SleepSaam  Facebook Groep het ontstaan op 2 Februarie 2009. ‘n Behoefte vir ‘n geselsplek het ontstaan nadat die Wegsleep tydskrif se forum “buitewerking” geraak het, en die lede het die facebook groep gebruik om met mekaar in kontak te bly en te gesels.

Die naam “Wegsleep” was destyds met die medewete van die mense van Wegsleep gebruik, en daar was selfs ‘n destydse redaksielid as admin aangestel. Die groep het bly voorbestaan – selfs na die ou forum herstel was, en lede het die groter funsionaliteit van facebook geniet.

Die naam Wegsleep is verander nadat die tydskrif besluit het om self ook die facebook platform te gebruik en ons groep het ingestem om ons naam te verander. Die naam is deur groeplede gekies uit ‘n kortlys wat saamgestel is deur voorstelle van die lede. Die naam SleepSaam het met ‘n oorweldigende meerderheid gewen.

SleepSaam is nou ‘n onafhanklike groep woonwa-, tent-, boswa- en ryhuis kampeerders. Ons het al meer as 59 000 lede wat kampeerders van hart is. Ons het geen affiliasie met enige ander groep, oord of tydskrif nie.