Almega

Webblad: http://www.almegakamp.co.za
Facebook Blad: https://www.facebook.com/AlmegaKaravaanpark/
Kontakbesonderhede
André Geyser: 082 452 0269
Pieter Geyser: 079 476 6821
Fisiese Adres: Welgevonden no. 7, Hammanskraal
GPS Koördinate: 25°20’23.76″S, 28°23’8.46″E

Die eienaars van Almega karavaanpark is self ook kamp mense en het besluit om n karavaanpark te bou soos hulle dit graag sou wou hê. Hulle het begin met die volgende in gedagte:

Groot staanplekke sodat ‘n mens privaat en gemaklik kan kamp
Baie koelte bome en groen gras
Privaat ablusies wat altyd warm water het
En laastens netheid soos: Ablusies silwer skoon, plaas paaie geskraap en heinings netjies.

Privaat Geriewe
Groot grasbedekte staanplekke met skaduryke bome
Privaat ablusie met eie stort, toilet, wasbak en grimeerblad met spieël en haardroër kragpunt
Dubbel wasbak vir skottelgoed
15A Standard karavaan krag koppel punt
Geplaveide braai area met braaier

Gedeelde Geriewe
Netjiese boomryke kampeer terien
Swembad
Privaat ablusie met eie stort, toilet, wasbak en grimeerblad met spiel en haardroër kragpunt
Klim raam met sandpit en swaaie vir kinders
Gepaveide vuur en braai area vir groepe
Jukskei baan
Kamp terein is omhein
15km grond paaie vir stap en fietsry