Klipspringer Karavaan Park

Facebook blad: https://www.facebook.com/groups/1072710259405692/
Kontak: Elsabe Gresse +27 78 219 1559

Klipspringer Gasteplaas en karavaanpark is n uur se ry van pretoria te Nylstroom. Ons bied elkeen ‘n heerlike rustige vakansie by die karavaanpark met hope om te doen. Daar is n lekker dam waar al die hengelaars kan gaan visvang met heerlike koeltebome.

Die Karavaanpark het kragpunte en ablusieblokke vir die gerief van elke kampeerder. Daar is n berg wat wag om geklim te word vir die natuurliefhebbers en dan ook natuurlik die mooiste bosveld sonsondergange.