Die Eendplasse se Kampplannetjies 31 – 32

Deur Thea Swanepoel Sleepsaam Groep Admin
KAMPPLANNETJIE # 31 ~
Vandag se plannetjie is nie strenggesproke ‘n KAMPplannetjie nie … maar vir ons is seevakansies sinoniem met kamp.

Pak vir jouself ‘n oorlewingspakkie in die strandsak: dit bestaan uit die volgende:
* ‘n ‘mesh’ sakkie (eintlik om jou delicates in die wasmasjien te was – te kry by Crazy Store) – die sakkie raak nie vol sand nie en jy kan die inhoud mooi sien te alle tye
* ‘n bottel water vir drink maar ook vir noodgevalle soos sand in die oë of roomys op die hande
* baba wipes (sommer in ‘n plastiekhouer teen die sand en dat dit nie uitdroog nie) – dis vir die roomys wat nog op die hande oor is of as jy water oorgooi, ‘n koel lappie om jou mee af te vee in die hitte
* sonroom (natuurlik!)
* ‘n botteltjie babapoeier (en ‘n waslap – opsioneel) gebruik dit om sand wat vassit aan hande bene en swembroek areas af te vee. Dit werk soos ‘magic’ en is al hoe ek seevakansies met klein kindertjies oorleef het tot nou. Ek is nie ‘n aanhanger van seesand nie.

Geniet dit by die see!

KAMPPLANNETJIE # 32
Ek en manlief stem saam oor een ding: ons hou nie van stickers op die wa nie. Daar is net 2 tans op ons ‘Faantjie: die een wat die lisensie vashou en die SleepSaam plakker.

Tog dink ons dit is so oulik dat mense wat die wereld in hul waens verken, rekord hou van waar hul al was.

Ons het dus besluit om ook yskasmagnete te versamel van plekke wat ons besoek het. Die kinders geniet dit baie om magnete uit te snuffel en vir die plekke wat nie magnete verkoop nie maak ons ons eie deur die stickers wat wel verkoop word op magnete te plak.

As ons ooit ons wa verkoop, haal ons net ons magnete uit en versamel verder in die volgende wa!

KAMPPLANNETJIES 1 – 10 | KAMPPLANNETJIES 11 – 20 | KAMPPLANNETJIES 21 – 30