Bosfontein

http://www.bosfontein.co.za

Eienaars: Deon & Martie Beukes
E-pos: info@bosfontein.co.za
Selfoon. (Martie): 083-741-9097
selfoon. (Deon): 083-308-9502
Faks: 086-603-2696

Onder die sterre, die mooiste sterre hemel in die middel van die bos tussen die diggeleë koeltebome, kan jy behoorlik kom rus.

Bosfontein woonwa oord is op ‘n klein plasie gelee tussen Bela-Bela en Modimolle! Een van die twee natuurlike fonteine in die Tweefontein geskiedkundige area kan hier gevind word! Met ons pragtige, skoon ablusies en familie badkamers kan jul sommer tuis voel!

Wat is hier vir die kinders om te doen? Wat is hier Nie om te doen nie, ons klimrame, waarvan een onder ‘n grasdak is, koue en warmswembad, sand-art, put-put, volley bal baan, tafeltennis, pooltafel en nie eens van die fietsry te praat nie, sal hulle vir ‘n hele ruk besig kan hou!

Kom geniet die rustigheid, die kleinskaalse wild en pragtige bos! Stap langs ons dammetjie en geniet ‘n lekker stukkie vleis op die kole.